Covid19 projek

Oct 5, 2020

Covid19 kos pakkie projek 

Ons is Baie Baie opgewonde om aan te kondig dat ons Covid19 kos pakkie projek se syfers gedaal het. 

Aan did begin van Covid19 wat ons ons projek begin het, het ons saam Ander organisasie gewerk in die opsig om te verseker dat geen gesin dubble kos ontvang nie. Ons lyste is op n gereelde basis gekontrolleer met verskeie organisasies. 

Daar was elke week 250 plus kospakkies opgemaak en afgegee, in verskeie gebiede nl Potgietersrus (mokopane), Nylstroom, Naboom, Zebediela en Plotte en plase om Potgietersrus. Dit was Langure tot soms na 20:00 nog pakkies afgegee. Daar was geen keer ons Permitte was in plek en ons mense kort kos. 

Elke laat nag en Langure en vroeg oggend op staan om Pakke te verpak. Min slaap dit als was die moeite werd. Vir ons by Touch of helping grace NPO wat n Klein organisasie is was dit n groot aanpassing as ook n groot belewenis ons wat gewoont was om 35 kos pakkies n mnd uit te gee moes nou 250 plus n week pak. 

Maar soos die vlakke van "lockdown" verander en aangekondig is het als rustiger geraak. Stelselmatig het die syfers af geneem en kon ons ook die kos pakkies aan pas. Kos pakkies is dus met tyd verander na net 1 keer n mnd en syfers het minder begin word soos wat die gesinne weer kon begin werk. 

En soos vandag 5 Okt 2020 staan ons syfer op 105 gesinne met n aflewering van 1 keer n mnd wat ook nie eers n mnd pak is nie maar net n pak wat die gesin n week of 2 sal dra. Ongelukkig laat ons skenkings nie toe om Meer te gee nie as ook dat mense gehelp moet word om nou weer Stelselmatig op te kan staan. 

Vir sommige van ons gesinne is dit ongelukkig nie so maklik en eenvoudig nie. Baie gesinne sit sonder n inkomste.Dus word daar op die stadium nie net hulp benodig vir kos ens nie maar ook vir werk of selfs behuising. 

Ons bid dus nogsteeds en bly op Ons kniee want dis al wat ons hier deur gaan dra is ons gebed, geloof. Dit is ook te danke aan ons Hemelse Vader dat ons NPO nog staande is na die Covid19. 

Dus sluit ons af 

Vriendelike Groete 

Touch of helping grace NPO span

Share on Share on Facebook Share on WhatsApp

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp